Medios in die skaapkraal
19 April 2011 - Medios Marketing Communications het onlangs besigheidsblad geskud en ’n vennootskap met Skaapstad, die populêre strokiesprent, gesluit. Skaapstad verskyn ondermeer elke Sondag in die Rapport. Medios gaan die Skaapstad webwerf en aanlynwinkel, alle skakelwerk, sosiale media en bemarking vir die skape behartig.
“Ons is baie trots om deel van die trop te wees,” sê Medios-eienaar en hoof skaapwagter, Jacques van den Bergh.
Medios het ’n hele kraal vol planne vir Skaapstad en skaapliefhebbers kan ’n nuwe reeks produkte verwag. Al die Skaapstad-strokiesprente sal binnekort ook op hul webwerf beskikbaar wees. Hou gerus www.skaapstad.co.za en @skaapstad op Twitter dop vir verdere inligting.